Palimpses - Johann de Lange
1.    Bome skryf teen die blou
2.    kreukellose lug dinge   
3.    wat niemand verstaan nie.  
4.    Houtkappers kom met byle   
5.    en vel die bome  
6.    Meulens saag en maal 
7.    en pulp en plet die hout. 

8.    Stil is die bome.
9.    stil, net tot hy kletterend
10.   met sy tikmasjien
11.   uit selfs die fynste grein
12.   die hele gamma van woord
13.   en pyn ring op ring
14.   deur hierdie oggend laat dein.
In English
1. Trees written against the blue
2. creaseless sky things
3. what nobody understands.
4. Woodcutters come with axes
5. and fells the trees.
6. Mills saw and grinds
7. and pulp and flatten the wood.
8. Quiet is the trees;

9. Quiet, only until he clatters (sound of a typewriter) 
10. with his typewriter 
11. even out of the finest grain
12. the whole gamma of word
13. and pain ring upon ring
14. through this morning let it swell.
beeld:                 toepassing:
vernietiging             herskepping, vgl  
van bome                titel, deur digter 
deur hout-              (met papier &
kappers vir              tikmasjien) van
houtprodukte         bome   
Agtergrond

Palimp’ses(te) s.nw. - Perkament wat na skoonmaak vir die tweede of verdere keer beskryf is

palimpsest palɪm(p)sɛst/noun - 1. a manuscript or piece of writing material on which later writing has been superimposed on effaced earlier writing. 2. something reused or altered but still bearing visible traces of its earlier form. "Sutton Place is a palimpsest of the taste of successive owners"

Woordverklarings

dein (swell)

gamma: die derde letter van die Griekse alfabet; die “g” in ons alfabet; ’n toonleer in musiek

grein: die draad (grain) van hout

kletterend (clattering): klanknabootsing van iets wat val

kreukelloos (free of creases): lug is glad en sonder wolke

meulens (mills): meervoud van ’n meul

palimpses: ’n perkamentrol (parchment scroll) waarvan die oorspronklike skrif afgekrap of onsigbaar gemaak is sodat daar weer op geskryf kan word

plet: platpers; platslaan

pulp: fyngemaakte hout waarvan papier gemaak word; soms word boeke verpulp en van die verpulpte boeke word daar dan weer nuwe papier gemaak

vel: bome afkap

Hierdie gedig handel oor vernietiging (destruction) en herskepping (re-creation). In strofe 1 vind die vernietigingsproses in die natuur plaas ter wille van menslike behoeftes: houtkappers (wood cutters) kap die bome af met byle (axes) en stuur die boomstompe na meulens (mills) om fyngemaal (verpulp) te word sodat papier daarvan gemaak kan word.

In strofe 2 verskuif die fokus na die digter se herskeppingsproses met papier en sy tikmasjien. Die titel “Palimpses” hou verband met die herskeppingsproses – die mens kan weer op die perkamentrol skryf. Die digter herskep as’t ware die bome se woorde deur sy gedig op papier, ’n produk van die bome. In versreëls 1 en 2 skryf die bome, en in strofe 2 skryf die digter op die palimpses “die hele gamma van die woord/en pyn”. Die digter kan die stem van die stil bome (“stil is die bome; / stil. . .”) laat herleef wanneer hy “kletterend” (versreël 1) met sy tikmasjien die bome se “skryf” laat herleef – die “grein” (versreël 11) van die bome kan weer “dein” of herleef op papier (versreël 14). Die stilte word beklemtoon deur die tipografiese wit (die wit skeiding tussen die strofes) en die kommapunt aan die einde van versreël 8. Die stilte van strofe 1 kontrasteer met die “kletterend(e)” handeling van strofe 2.

Die woordkeuse “ring op ring” (versreël 13) is veelseggend. Alle bome het jaarringe (annual/growth rings, tree/timber rings) waarvolgens die ouderdom van ’n boom bepaal kan word. Die jaarringe hou verband met die “gamma van woord” – dit wys na die mens se tyd op aarde en die “pyn” (versreël 14) wat die mens deur die tye ervaar het.



Rondom my - Dawie de Jager

1.   Ek wil my tyd vat hierdie keer  
2.   ek moet my tyd vat hierdie keer
3.   want die haastigheid in my
4.   het my al veels te veel keer
5.   ondergekry
6.   my ondergekry.
	
7.   Ek wil my tyd vat hierdie keer
8.   ek moet my tyd vat hierdie keer.
9.   Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.
10.  Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla
11.  dinge wat jou terughou.	
12.  Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.
13.  Kom wees net jy, kom wees net jy.

14.  As jy wil tyd vat hierdie keer
15.  kom vat ‘n rukkie hier by my
16.  As jy tyd wil vat
17.  kom wees hier rondom my
18.  kom wees hier rondom my
19.  net as jy wil ...
20.  net as jy wil.	
In English
I want to take my time this time
I have to take my time this time
because the hastiness in me
had taken me to many times
down (put me down)
brought me down

I want to take my time this time
I have to take my time this time.
I see the blues in you through the little in your eyes
I know there is also things that is still bothering you
things that keep/hold you back.
Come show me who you are and who you really want to be.
Come be just you, come be only you.

If you want to take time this time
come take time (a while) here with me 
If you want to take time
come be with me
come be with me
only if you want to ...
only if you want to.

Die spreker sing vir ʼn nuwe liefde. Hy wil nie hierdie keer haastig wees met hul verhouding nie. In die verlede was hy haastig en dan het dit nie reg uitgewerk soos hy dit wou gehad het nie. Hy het daarvan bewus geword dat ware liefde tyd nodig het. Hy praat uit ondervinding dat deur sy oorhaastigheid het hy verhoudings verongeluk of het verkeerd opgetree. Hy besef dat sy ook tyd nodig het – hy sê hy kan dit in haar oë sien. Die woord blou is nie noodwendig sy geliefde se oogkleur nie, maar eerder haar huiwering – (blues) sy is onseker, sy wil, maar is terughoudend. Hy gee ook haar tyd om seker te maak, maar hy wil hê dat sy by en naby (rondom) hom moet bly. Sy geliefde moet hom ʼn kans gee, maar hy is bereid om vir haar tyd te gee.

Die titelvan die gedig spreek van wat die spreker vir sy geliefde wil sê: Ons moet die verhouding rustig aanpak, maar jy moet by my wees. (We should take our relationship very slowly but stay with me or be around me / surround me)

ʼn Belangrike kenmerk van ʼn liriek is herhaling. Die herhaling word hier ook gebruik om te beklemtoon: Hy wil sy tyd neem en gee ook haar die keuse om dit ook te doen. Hy besef ook dat sy dalk nie voel soos hy nie en sê dat hy dit nie eis nie, maar haar die keuse gee – die woord “as”(if she wants to) herhaal hy vier(4) keer. Hy gebruik die ellips baie effektief in versreël 19, asof hy onseker is – sy moet nadink en ook is hy onseker of hy bang is dat sy dalk teen ʼn verhouding kan kies.

“Rondom my" bevat ook die tipiese kenmerke van die liriek:

1.	Dit is klankryk.
     2.	Dit het 'n lekker ritme.
	 3.	Dit het 'n verskeidenheid melodieë.
	 4.	Daar is stemmingsvolle sang.
	 5.	'n Bepaalde stemming heers. 
	 (In “Rondom my" word ʼn romantiese stemming geskep.)
	 6.  Dit is 'n uiting van die innerlike lewe van die kunstenaar.

Die belangrikste uitvloeisels uit die liriek is die lied (volkslied, liefdeslied, wiegelied, kinderlied, kerklied, geestelike lied, natuurlied, die lofsang of ode, die lyksang of elegie en die sonnet. -“Rondom my” is natuurlik 'n liefdeslied.

Dawie oor die ontstaan van “Rondom my”

“Ek en my vroutjie, Andrea, ken mekaar al van skool af. Daar het niks ooit gebeur nie, want sy was altyd in lang verhoudings en ek wou maar die wêreld eers uitkyk. Maar toe begin ons weer saam kuier toe ek 22 jaar oud is. Ons het in daardie stadium baie getoer met KLOPJAG, so ek was nie regtig oop vir te ernstige verhoudings nie. Ek het ook geweet daar is 'n ander man wat ook na haar vry en ek het maar 'n bietjie op die agtervoet gevoel omdat ek altyd weg was.Sy daag toe daardie jaar by die KKNK op en dis waar die “magic” gebeur het. Ons kon nie genoeg van mekaar se geselskap kry nie.Dis toe ons by die huis kom wat ek net agter die klavier gaan sit het en die melodie van haar “song” begin speel het.Ek het op musiek verlief geraak omdat ek dit rondom my gehad het waar ek ook al gegaan het. Ek het dieselfde ervaar met haar en ek wou ook nie wegkom nie, omdat ek net meer van haar wou hè. Smoorverlief Die gedig was my uitnodiging aan haar om naby my te bly. Sodat ons tyd kon vat om mekaar beter te leer ken. Ek was al so baie keer haastig in my lewe en ek is so dankbaar die Goeie Vader het my genoeg tyd gegee dat ek my tyd kon vat om 'n vrou soos sy te ontmoet. Ek voel nog altyd daar is nie kort paaie in lewe nie, maar dit is lekker as jy die lang pad kan stap saam met mense wat die pad so kort laat voel.” (In 'n e-pos aan Marieta Nel op 22 Desember 2016).



Tien haikoes vir die Vredefortkoepel - Hans du Plessis

Hans du Plessis sê: “Ek skryf ’n gedig omdat die ding my klein koppie vol kom lê, en ek dan aan niks anders kan dink nie.” Vir 30 jaar is hy nou professor in Afrikaans aan die Noordwes Universiteit. Hy publiseer vyf digbundels, waarvan die bekendste Griekwapsalms is. Daar het ook drie jeugromans, vier romans, rubrieke en drie verhoogstukke uit sy pen verskyn.

Meteoriet 

Deur die donker klief ʼn klipvuis en klap lewe uit die donker aarde uit.

Wind

ʼn Asem jaag oor yslike nagte en vee ons winternis weg.

Water

Jy maak so silwer sonder droë woorde sin wat my skoon verstom.

Grond

Vang reën en son in die bakhand van jou lyf waar lewe kliphart klop.

Boom

Veerlig dwarrel herfs van kil takke los en broei nog ʼn lente uit.

Meteorite

Through the darkness slice a rock fist and hits life out the dark earth

Wind

A breath chase over icy nights and sweeps our winter away.

Water

You make so sliver without dry words sense it clearly amaze me

Soil

Catch rain and sun in the begging hand of your body where life beats in stone heart. (kliphard – very hard/difficult)

Tree

Feather light twirl autumn from icy branches loose and hatch again another spring.

Mens
Toe staan stof uit stof
en oorheers die aarde op
grond van sy bestaan.

Wêrelderfenis

En ons koepel skeur al langs perforasies van mens-dom middeldeur.

Besoedeling

Nou moet dier en duif hees van die rook en roet vir byl en treksaag boet.

Dankgebed

Heer, ons paaie lê uitgeteer oor brûe met water onderdeur.

Tien

Vuis van swael en vuur gaan duskant ons Groot Ekskuus weer kom asem haal.

 Man(human)

Dust from dust stood and dominates the earth on ground of his existence.

World heritage

And our dome tears all along perforation of right through human(kind)-stupid (perforation of man’s humanity)

Pollution

Now animal and dove hoarse from the smoke and grime pay for axe and two-handed-saw (suffer).

Thanksgiving prayer

Lord, our roads lay emaciated over bridges with water beneath (water under the bridge)

Ten

Fist of brim and fire comes the side of our Big Pardon will come and breathe again

Inleiding

Die Vredefortkoepel in die Noord-Vrystaat het ’n deursnee (diameter) van 250-300 km. Dit is die grootste impakkrater op aarde en is vernoem na die dorp Vredefort wat daarin geleë is. Dit word bereken dat die meteoriet wat dit veroorsaak het, so groot soos Kaapstad was en dat dit die aarde ongeveer 2 biljoen jaar gelede getref het. SO ’n meteoriet vernietig natuurlik alle lewe waar dit die aarde tref, maar deur die eeue heen ontstaan daar weer nuwe lewe. In 2005 is die Vredefortkoepel deur UNESCO tot ’n Wêrelderfenisgebied verklaar. Dit beteken dat dié plek vir die hele mensdom bewaar moet word vanweë die wetenskaplike waarde daarvan. Tans word die water in die koepel deur rioolafval besoedel. Ontwikkelaars wat ’n hotel in die koepel wou oprig, se aansoek is afgekeur, maar daar is steeds ander sosiale aktiwiteite waardeur mense hierdie kosbare plek kan skade aandoen. In hierdie tien haikoes word die Vredefortkoepel vanaf sy ontstaan tot sy uiteinde bekyk. Met slim taalgebruik kry die spreker dit reg om die leser ’n ander uitsig op hierdie Wêrelderfenisgebied te gee.

Woordverklarings
asem haal/asemhaal (breathe): asemhaal is wat ons elke dag doen; “asem haal” suggereer dat iets of iemand ’n tweede asem kry
besoedeling (pollution)
broei . . . uit/uitbroei (hatch)
dwarrel (twirl): soos ’n veer wat grond toe val
kil (icy): sonder warmte
klief (slice): kap/sny
krater: ’n groot holte in die aarde se oppervlak
mens-dom (humanity/mindless humans): woordspeling – die mensdom is dom om die aarde so te besoedel
meteoriet: ’n stuk materie wat in die ruimte verbrokkel en die aarde teen ’n geweldige spoed tref
oorheers (domineer): die mens heers op die aarde
op grond van: op bewys van
perforasies: ’n reeks gaatjies of gate
roet (grime): besoedeling veroorsaak rook en roet
swael (sulpher)
treksaag (double-handed saw): ’n saag wat deur twee mense hanteer word om dit heen en weer te stoot, gewoonlik om ’n groot voorwerp soos ’n reusagtige boomstomp deur te saag
uitgeteer (wasted away): vermaer en afgetakel, uitgehonger; paaie wat met teer bedek is
verstom (render speechless)
Tydens lees

’n Haikoe is oorspronklik ’n liriese Japannese digvorm uit die 13de eeu. Dit is ’n eenvoudige digvorm – dit sê baie met min woorde, en dit spreek die leser se emosies en gevoelservaringe aan. Dit is ’n rymlose vers wat bestaan uit drie versreëls en sewentien lettergrepe. Die lettergrepe is gewoonlik soos volg versprei:

• Versreël 1: vyf lettergrepe
• Versreël 2: sewe lettergrepe
• Versreël 3: vyf lettergrepe
Hierdie soort digvorm druk op ’n baie beknopte (concise) wyse ’n bepaalde stemming of insig uit. Let op hoe elke haikoe ’n ander stadium in die onstaan en die bestaan van die koepel uitbeeld. Die titel van elke gedig kondig die opeenvolgende fases aan. Die digter kry dit reg om met min woorde baie te sê. Hy maak veral gebruik van woordspeling, alliterasie en assonansie en beeldspraak. ’n Goeie voorbeeld van woordspeling en personifikasie kry ons in haikoe 1: “klief/’n klipvuis en klap lewe uit die aarde uit”, wat letterlik na die slag verwys toe die meteoriete die aarde tref, maar ook _ guurlik omdat alle lewe in die omgewing vernietig is. Hierdie beeld kry groter betekenis wanneer die herhaling van die kl-klapgeluid (alliterasie) die gedagte van die ontploffing versterk. Ook die metafoor “yslike nagte” verwys na die stof wat die son weggekeer het sodat dit nie net permanent donker was nie, maar ook yskoud.



Huiskat - Elizabeth Eybers
1.   Die kat strek hoog op vier strak bene, buig
2.   behaaglik om haar luiperdlies te lek,
3.   rol om en lê fluwelig oopgevlek
4.   dat keel en bors en buik die son kan suig.

5.   Ons noem haar “kat” want sy is sonder siel
6.   en anoniem. Smal skerwe van agaat
7.   staar koud uit die driehoekige gelaat.
8.   Arglistig, vloeibaar soos ‘n blink reptiel
	
9.   van los en lenig wees versadig: sy
10.  sal nooit – die veearts het haar “reggemaak” –
11.  ekstase en angs van lewe voortbring smaak,
12.  sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit.
13.  Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit
14.  sy haar oë, kronkel by my greep verby.
In English
The cat stretch high on four grim legs, bends
pleasantly to lick her leopard-flank,
roll over and lays velvety stretched open
that throat and chest and belly can suck the sun.

We call her “cat” because she is without soul
and anonymous. Thin slivers of agate
stares cold out of the triangle appearance.
Cunning, fluid like a shiny reptile

from being loose and supple saturated: she
will never – the vet spayed(corrected) her – 
taste the ecstasy and anguish of bringing forth life,
will stop, still reserve, all tenderness
I cup my hand cautiously, scornfully shuts(↔)
she her eyes, wiggle pass my grasp.

Elisabeth Eybers het op 14 al poësie begin skryf. Sy was ’n joernalis in Suid-Afrika maar het ná haar egskeiding na Amsterdam gegaan, waar sy sowat 40 jaar gewoon het tot met haar dood in 2007. Eredoktorsgrade is deur vier universiteite aan haar toegeken. Die Orde vir Voortreflike Diens is in 1999 aan haar toegeken. Daar het 27 digbundels van haar verskyn, asook kortverhale. Sy is met twaalf pryse bekroon.

Inleiding

Katte het al vir duisende jare ’n besonderse invloed op mense. So het die ou Egiptenare ’n kat as ’n heilige dier, ’n god aanskou en selfs katte gebalsem om hulle te vereer! • Het jy ’n kat as troeteldier? Hoe voel jy oor jou kat?

• Vertel aan die klas watter gewoontes jou kat of ander katte het.
• Lees nou die gedig. 

Kan jy die houding van die kat visualiseer? Praat met jou maat daaroor of teken ’n prent van dié huiskat. Dink julle wilde katte sal dieselfde aard hê?

Woordverklarings
agaat: ’n harde half edelsteen; “skerwe van agaat” (small slivers of agate)
angs (anguish): bekommerd wees
anoniem: naamloos
arglistig (cunning, crafty):slim, skelm
behaaglik (pleasantly): gemaklik, genoeglik
behoedsaam (cautious): versigtig
blink reptiel: so glad en blink soos ’n slang
buik (belly): pens
eenselwig (reserved): teruggetrokke, afsydig, na binne gekeer (introvert)
ekstase (ecstasy)
gelaat (face): gesig
greep (grasp)
kronkel (wiggle)
lenig (supple)
lewe voortbring (give life): geboorte gee
luiperdlies: die kat word met ’n luiperd vergelyk, nie wat die tipiese kolle van ’n luiperdvel
betref nie, maar eerder die lenigheid van ’n luiperd; luiperdlies (lies – flank) suggereer ook die ongetemde aard van die kat
reggemaak (spayed, sterilised): die kat kan nie meer kleintjies kry nie
reptiel (reptile)
smaak (relish)
strek (stretch): uit rek
stuit (stop)
smalend (scornful, contemptuous): minagtend
strak (grim, severe): hard, byna ongevoelig
teerheid (tenderness)
veearts (vet)
versadig (saturated)
vloeibaar (fluid)
Tydens lees

Hierdie gedig is ’n pragtige voorbeeld van ’n Italiaanse sonnet. ’n Sonnet is ’n sterk gedissiplineerde digvorm en dit het spesifieke vereistes waaraan dit moet voldoen. Die Italiaanse sonnet bestaan uit 14 versreëls waarvan die eerste 8 versreëls die oktaaf (twee kwatryne) genoem word en die volgende 6 versreëls die sestet. Die oktaaf word onderverdeel in twee kwatryne van vier versreëls elk. Die rymskema word gewoonlik soos volg ingedeel: abba/ abba/cdc/cdc, maar “Huiskat” wyk af van hierdie rymskema: abba/cddc/eff/gge. In dié sonnet gebruik die digter veral enjambement (wanneer ’n sin van een versreël na ʼn ander oorloop sonder onderbreking) sodat die leser die lui, aaneenlopende bewegings van die huiskat kan visualiseer – ons kan “sien” hoe soepel, grasieus die kat in die eerste kwatryn beweeg wanneer sy haar kop afbeweeg om haar lies te lek. Enjambement help ook om die streng rym in die sonnet te verdoesel en die ritme te ondersteun (ons lees vinniger, meer aaneenlopend). Let ook op na die mooi metafoor in versreël 6 “smal skerwe van agaat” wat die vorm van die iris en kleur van die oë digterlik uitbeeld.



Ek het 'n huisie by die see - HA Fagan
1	Ek het ’n huisie by die see. Dis nag.			
2	Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan		
3	teenaan die rots waarop my huisie staan		
4	met al die oseaan se woeste krag.			

5	Ek hoor die winde huil – ’n kreun, ’n klag,		
6	soos van verlore siele in hul nood			
7	al dwalend, klagend, wat in grag en dood		
8	geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.	                

9	My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.		
10	Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite	                
11	ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;		
12	hierbinne is dit veilig, warm en dig.			

13	Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan – 		
14	dit is ’n rots waarop my huisie staan.	

In English
I have ‘n little house at the sea. It is night
I hear continuous, continuous the waves beat
onto the rock on which my little house stands
with all of the ocean’s fierce power.
I hear the winds “cry” – a groan/moan, a complaint
as lost souls in distress
loitering, moaning, that in grave and death
cannot find any rest, but is still seeking and desiring it.

My little fire burns, my little candle gives its light.
I hear then (but) the noisy storm outside,
I hear how the winds pull at my windowpanes;
here inside it is warm, cosy and safe.

Come night, come weather and wind, come ocean –
This is the rock on which my little house stands.


Woordverklarings
dwalend: om sonder rede rond te loop
golwe (waves): branders
in nood (in distress)
klag (moans)
klagend: klaend
kreun (groan): kla 
loei die storm: ’n geraas wat die storm maak
ruite (windows): vensters
smag: begeer
verlore siele (lost souls): siele van mense wat alreeds dood is
woeste (fierce)
Tydens lees

Die gedig toon ooreenkomste met ’n Engelse sonnet: Die gedig bestaan uit 14 versreëls, en daar is een deurlopende stroom van gedagtes wat kragtig deur die twee rymende slotreëls (koeplet) afgesluit word. Daar is dus ’n samevatting/gevolgtrekking in die koeplet.

Die spreker in die gedig skets in woorde die beskerming wat sy huis teen natuurelemente (die stormsee, die wind) bied en dan hoe veilig hy binne-in sy huis voel. In versreëls 1 tot 8 beskryf die spreker die toestande buite die huis: dis nag, daar woed ’n seestorm buite, die golwe breek kragtig teen die rotse en die wind waai baie sterk, maar sy huis staan stewig (solid) op ’n rots en kan die aanslae van die storm afweer. Die herhaling van “aaneen” in versreël 2 beklemtoon die gereelde, ritmiese golfslag van die see. Die winde word in versreël 5 gepersonifieer (“die winde huil – ’n kreun, ’n klag”). Die klanknabootsende geluide van die wind word vergelyk (let op die woord “soos”) met die gekla van dwalende siele.

Binne-in sy huis voel hy veilig. Die atmosfeer is warm en veilig – ’n vuurtjie brand, die kers gee lig. Let veral hoe sterk die gehoorsintuig van die spreker beklemtoon word (die geluide van die wind en see buite) teenoor hoe hy voel binne in sy huis.

Die slotkoeplet (tweereëlige strofe) gee die gevolgtrekking van die spreker. Hy daag as’t ware die natuurelemente uit in versreël 13 (“Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan”), maar hy weet sy huis staan op ’n rots. Die koeplet het ook ’n dieper betekenis: Dit is die spreker se geloof wat hom, net soos sy huisie, veilig beskerm teen alle aanslae en gevare van die lewe, omdat dit op ’n rots gebou is – Jesus is sy rots.



Boekmerk - Marlise Joubert
1	kinders  
2	met wange soos mossies
3	wat teen elke oggend stoei
4	hande altyd woerende vlerke 
5	elke lyfie ‘n seilende gesang 
6	vlak bo die waterspieël
7	van ‘n klipvloergang
8	vlytig stort die druppels klank	
9	oor haar uit totdat sy verbaas	
10	die reuk van bittersoet jasmyn	
11	uit haar skooljare proe	
12	waar sy ook kon mor	
13	en protesteer:
14	waarom is alles altyd ver  
15  waarom is alles altyd hier  

16  waarom moet ek leer	   
17	van optel aftrek deel
18	van dooie digters
19	uit die toentertyd	
20	en watter land sit waar	   
21	en waarom draai die son
22	toe maak sy die dag weer oor
23	met elke skoolklok werk sy	
24	namens mossiekind
25	kom ons pars die wind
26	met wange soos soldaatjies
27	totdat elkeen net die geur  
28	van jasmyn kan boekmerk 
29	teen die onheil van ons
30	ellelange reis
In English
children
with cheeks like sparrows
that wrestle against each morning
hand always moving wings
every little body a sailing hymn –
	just above the water mirror
	of a stone feeding troth

eagerly pours the drops sound
out over her until she is amazed 
the smell of bitter sweet jasmine
from the taste of her school years 
where she could also grumble
and complain

	why is everything always far
	why is everything always here
	why should I learn/study
	about adding subtracting divide 
	about dead poets
	from very long ago
	and which country is where 
	and why is the sun turning

then she makes the day over – 
with every school bell she works
for the sparrow child
let us press the wind
	with cheeks like little soldiers

	until everyone only the fragrance
	of jasmine can bookmark
	against the misfortune of our
	everlasting journey



Woordverklarings
boekmerk – (bookmark)
ellelange – baie lank (very long)
geur – (fragrance)
jasmyn - ʼn soort blom met soet geur (jasmin)
mor – (to grumble / complain)
namens – (on  behalf of)
onheil – ʼn slegte of treurige gebeurtenis (misfortune) pars – druk die vog(moisture) uit blomme om te droog (press)
reuk -  (smell)
stoei – sukkel om iets reg te kry (wrestle)
toentertyd – lankal /  lank gelede (long ago)
woerende vlerke – beweging van ledemaat, hande beweeg altyd

Marlise Joubert: Sy is op 17 Desember 1945 op Elim in Limpopo gebore. Sy studeer aan die Universiteit van Pretoria en werk as joernalis en bibliotekaris. Sy werk ook by ʼn Laerskool. Haar eerste digbundel verskyn in 1970. Sy is ook ʼn skilder en webmeester van die webwerf Versindaba.

Vooraf
Waarvoor gebruik mens ’n boekmerk(bookmark)?
Hoekom hou mens gewoonlik ’n boekmerk lank?

Die kortverhaal “Op die oewer tussen riet” het op 3 Januarie 2012 op Ateljee (Joubert se blog) verskyn. As mens dit lees, kan jy duidelik sien waar die gedig “Boekmerk” sy ontstaan het. Dis geskryf net na haar twee jaar as hoof van die Mediasentrum by die Laerskool Welgemoed. Dit kan dus afgelei word dat die kortverhaal en gedig op hierdie tyd as “laerskooljuffrou” geskoei is. Boekmerke is volop in biblioteke en sy het waarskynlik die leerders gekry om hul eie te maak, o.a. met geparste blomme.

Die gedig is ʼn perspektief van ʼn onderwyseres op die kinders in haar klas. Onderwys kan dikwels ʼn negatiewe ervaring wees, maar dit hang egter van die onderwyser se eie houding hoe goed of sleg die ervaring gaan wees. Die onderwyser moet besef daar word meer as net feite geleer aan die leerder, dis ook die onderwyser se plig om die leerder voor te berei vir die lewe en daardeur kan die onderwyser perspektief behou en die interaksie met die leerder word sinvol gemaak.


mossies (sparrows): klein vaal voëltjies
 met klein, ronde wit of swart gesiggies
 wat in swerms wydverspreid oor Suid-Afrika
 voorkom. Die volgende uitdrukkings kom voor:
 mossie maar man – ’n persoon wat klein van postuur
 is, maar hom onderskei deur sy dapperheid, intelligensie,
 vasberadenheid, ens; jou oor ’n dooie mossie 
Mossies in die Bybel:

Lukas 12:6 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. 7 Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

In hierdie twee verse word aangedui dat selfs die kleinste, vaalste ou voëltjie soos die mossie vir die Here kosbaar is. Die mens is vir Hom nog soveel kosbaarder.



pryslied - Antjie Krogs
1.  in die sandkliphart
2.  vandag
3.  staan hy
4.  kop en skraal skoers staan hy ob almal
5.  houtskool en is sy hare
6.  hy, die sandkleurige seun van uNoseke
7.  uNosekeni die ma van Mandela
8.  hy, die mn met die vlesige palmkussing
9.  hier staan hy
10. uit die gevestigde familie van uNgunen
11. die seun van Dalindyebo
12. die seun van Mandela
13. hy van die rivieroewers by iNqunu
14. heelmaker it die Thembu-stam
In English
in the sand-stone-heart
today
he stands
head and slight shoulders he stands above all of them
charcoal and ash is his hair
he, the sand colour son of uNosekeni
	uNosekeni the mother of Mandela
he, the man with the fleshy palm cushions

here he stands
from the established family of uNgubengcuka
the son of Dalindyebo
the son of Mandela
he from the riverbank at iNqunu
whole maker from the Themba-tribe

a small black star pierce his upper lip

we praise him
he that do not laugh or cry
first rattler of Umkhonto we Sizwe
The black pimpernel
he that do not laugh or cry

here he stands in front of us
Nelson Rolihlahla Mandela
specific branch of long ago
the draw of his leaves lay wide
legendary is he – founder of hearts
he gathers the plants
	of a torn land
he turns us to each other for each other
he, whole maker of people
he starts peace

peace, who the man is of great nations

We know it well that none of us acting alone can achieve success. We must therefore act together as a united people, for national reconciliation, for nation building, for the birth of a new world. Let there be justice for all. Let there be peace for all. Let there be work, bread, water and salt for all. – Nelson Mandela



Die boodskapper - Peter Snyders
1.  Die aandster vonkel soe speels vanaand
2.  was daa 'n knipoeg
3.  van jou
4.  nam my?

5.  Djy is so naby
6.  soes die helderste ster
7.  djy's die spoed van 'n gedagte
8.  weg van my

9.  Ek los 'n boodskap by Venus vir jou
10. as djy yt jou aandklas
11  kom, sriek yt jou hand
12. haal dit af:

13. dis die briefie
14. met die soentije
15. op die omslag
In English
The evening star shine so playfully tonight
Was there a wink
        from you 
              to me?

You are so close
like the brightest star
you are the speed of a thought
away from me

I leave a message 
at Venus for you – 
when you (get) out of the evening class
“come”, put out your hand
         take it down:

it is the letter
with the little kiss
           on the cover

Woordverklaring
Aandster:– Venus
Boodskap:	nuus, tyding, mededeling (message)
Boodskapper: persoon wat boodskap oordra (messenger)
Helderste:  duidelikste; glashelder (brightest)
Knipoog: /knipoeg (Kaaps); oog /oë vinnig toe te maak.
Deel geheim of grap of trek aandag. (wink)
Omslag:  voorkant en agterkant van boek, lêer, koevert (cover)
Soentjie:  vinnige aanraking van jou mond op iemand se lippe of vel. Liefdes bewys (light kiss)
Speels:   spelerig, tergend (playfull)
Vonkel:  sprankel, glinster, skitter (sparkle, twinkle) 

Peter Snyders het in Afrikaans-Nederlands, Engels, Musiekgeskiedenis en Skeppende Kunste gestudeer. Hy het ook al as laboratoriumtegnikus gewerk. Hy skryf nou voltyds sedert 2002. Sy poësie is in verskeie tydskrifte en versamelbundels opgeneem. Hy het al vier versbundels en twee dramas en een bundel kortverhale gepubliseer.

Vooraf

Die gedig is in Kaapse Afrikaans geskryf – dit is Peter Snyders se moedertaal. Dit is ʼn liefdesgedig. Let op na die topografie van die gedig. Om in die aand onder die sterrehemel te loop wakker romanse aan.

VENUS:
-Venus is die tweede planeet vanaf die 
Son en is 261 miljoen km van die aarde af. 
-Venus is buiten die maan die helderste 
voorwerp in die naghemel. (Is dit dalk 
omdat die planeet eintlik ’n inferno is?)
-Venus staan ook bekend as die aandster of 
die môrester omdat dit 'n paar uur na sonsondergang
(sunset) en 'n paar uur voor sonsopkoms (daybreak) gesien kan word. 
-Venus is vernoem na die Romeinse godin van liefde en skoonheid. 
Die sterrekundige simbool van Venus  word gebruik om 
die vroulike geslag voor te stel of vroulikheid te simboliseer.
 Dit verteenwoordig die godin Venus se handspieël: 'n sirkel met 'n kruisie daaronder. 


Die nuwe kind - Pieter Strauss
1.  Ons oë  pen jou in jou spore vas:
2.  die nuwe kind hier in ons klas.
3.  In óns skooldrag, langs óns meneer,
4.  jou hare volgens die reëls geskeer.

5.  “Hector Sobukwe,” hoor ons jou naam,
6.  “ʼn koningskind” – al is jy skaam
7.  Bedees knik jy, asof jy óns bedank
8.  en gaan sit dan stil in jou bank.

9.  Uit Tupperware-bakkie, soos dit hoort,
10. eet jy pouses jou snytjies brood.
11. Maar eenkant, alleen, onder ʼn boom
12. gaan staan jy dan en droom.

13. In die kunsklas word jou pen ʼn mas,
14. hys jy prentjieseile uit jou ribbekas,
15. vaar jy weg oor wit papier

16. die toekoms in, nog ver van hier ... 

Our eyes pins you down where you stand
The new child here in our class
In óur school uniform, next to óur teacher,
Your hair is shaven according to the rules

“Hector Sobokwe,” we hear your name,
“a kings-child” – although you are shy/timid
Timidly you nod, as if you are thanking us.
And go and sit quietly at your desk

Out of a Tupperware –lunchbox, as it should be,
you eat break time your slices of bread.
But on the side, alone, under a tree
you go stand and dream.

In the art class you pen becomes a mast,
you hoist picture sails out of your ribcage,
sail away on white paper
into the future, far away from here ...

Terwyl jy lees:

Hector - Die nuwe seun in hierdie gedig het die naam, Hector. Die naam Hector roep die naam van Hector Pieterson op, en veral die beroemde foto van die sterwende Hector wat in die arms van ’n skoolmaat weggedra word, terwyl sy suster, Antoinette, langs hulle haar arms paniekbevange voor haar uitstrek. Die twaalfjarige Hector is op 16 Junie 1976 deur die polisie doodgeskiet tydens die skole-opstand in Soweto. Skoliere het op daardie dag op verskillende plekke in Soweto bymekaargekom om te betoog teen Afrikaans as onderrigtaal. Hector Pieterson het die simbool geword van die verset teen ’n onregverdige heerskappy.

Sobukwe Die nuwe seun in hierdie gedig het dieselfde van as Robert Mangaliso Sobukwe (1924-1978), die stigter van die Pan Africanist Congress (PAC). Sobukwe het in 1948 'n lid van die African National Congress Youth League (ANCYL) geword. Hy was van 1960 tot 1969 in die tronk en daarna in huisarres tot sy dood in 1978. Hy het op 27 Februarie 1978 gesterf en is op op Graaff-Reinet, sy geboortedorp, begrawe.

Die gedig: bestaan uit vier kwatryne wat met paarrym gebind is. Die spreker gebruik besitlike voornaamwoorde effektief – ons klas is universeel – hulle is dalk al die vorige dag ingelig daar kom ʼn swartseun na hulle skool maar wanneer hy voor hulle staan trek hul weer laer, en word dit “óns uniform” en “óns meneer” Die klem suggereer dat die kind ʼn indringer en buitestaander is.

Sy eensaamheid word in versreël 11 beklemtoon deur die woord “alleen”. Die woord “alleen” word uitgehef deur die komma voor en na die woord – kind is so geïsoleerd soos die woord “alleen” alleen staan.



By die robot in eerstelaan - Marita Van Aswegen.
1    twee pare voete girts oor die teer 
2    sy arm en nek is so styf en seer 
3    sy bene so lam van gister se staan 
4    ingehaak volg hy gedwee waar hulle gaan 

5    motors se bande knars tot stilstand 
6    in die blikkie klingel vyf sent en ‘n rand 
7    hy ruik die vis-en-tjipswinkel van eerstelaan 
8    hier by die robot waar hy die dag omstaan 

9    sy arm word gepluk en geruk en hy skrik 
10   toe sy voet dom oor ‘n pyp eenkant toe swik 
11   “ons beter geld kry, of ek los jou hier," 
12   sis die tsotsi en sy asem ruik na bier 

13   sy hart klop vinnig soos dié van ‘n bang kind 
14   hoe sal hy weer sy lêplek van hier af kan vind? 
15   die verkeerslig klik en die enjins brul saam 
16   sy dowwe oë bewend opwaarts geslaan 

17   trieng, trieng lui 'n fiets se klokkie 
18   hy buk af en trek aan sy stukkende sokkie 
19   die verkeerslig klik en bande skuur oor teer 
20   sy arm en skouer is so styf en so seer 

21 	'n motorruit tjier af en ver weg dreun 'n bus. 
22 	 as die dood hom tog net wil kom haal 
23 	 dan kan hy vir ewig en altyd rus 
24 	 die tsotsi skraap sy keel en spoeg 'n straal 

25 	 geld klingel in die blikkie en lê dan stil 
26 	 die duiwe koer en 'n kindjie jil 
27 	 "mammie hy's blind," piep 'n dogtertjie sag 
28 	 hy draai sy kop skuins en hy wag 

29	 "hier is nog tien rand," sê die vrou 
30 	 "koop vir jou iets om aan te kou" 
31   die verkeerslig klik en hy hou aan met wag 
32 	 die tsotsi pluk hom aan sy seer arm en lag

two pairs of feet scuffle over the tar
his arm and neck are so stiff and sore
his legs so lame because of yesterday’s standing
hooked up he follows where they go

motors’ tyres crushes to a standstill
in the tin five cents and a rand are jingling
he smells the fish and chips shop of first lane
here at the robot where he stands the whole day

his arm is pulled and jerked and he  gets a fright
when his foot stupidly* collapse* over a pipe
“we better get money, or I will leave you here,”
hiss the tsotsi and his breathe smells of beer

his heart beats quickly like a fearful child
how will he find his sleeping area from here?
the traffic light clicks and the engines roar together
his dull eyes ** looking upwards

ring, ring rings a bicycle bell
he bends down and pulls on his torn sock
the traffic light clicks and tyres tear over the tar 
his arm and shoulder is so stiff and sore

a motorcar window zzz down and far away a bus roars away
when death can only come and take him
then he can rest for ever and ever
the tsotsi cleans his throat and spits in the street

money chimes in the tin and goes still
the dove coos and a child yells
“mommy he is blind,” a little girl says softly
he turns his head and wait

“here is another ten rand,” says the woman
“buy something for you to chew”
the traffic light clicks and he keeps on waiting
the tsotsi pulls him on his sore arm and laughs.


Daar is mense wat by die verkeerslig staan en bedel omdat hulle te lui is om te werk. Ander maak asof hulle gebreklik is. Daar is ook mense wat werklik ʼn gebrek het en dan bedel. Die hartseerste te groep is die wat ʼn gebrek het en dan misbruik word om te bedel sodat die hartelose mense kan geld maak uit ʼn ander se gebrek. In die gedig word ʼn blinde man gedwing deur ʼn tsotsi om te bedel. Hy word na ʼn verkeerslig gevat om daar te bedel, maar hy weet nie hoe om self na sy slaapplek toe te gaan nie. As hy nie genoeg geld kry nie gaan die tsotsi’s hom nie weer terug neem na sy slaapplek nie. Hulle vat die meeste van sy geld en koop drank vir hulle self en bitter min vir die arme blinde bedelaar.

ʼn Blinde mens maak sin van die wêreld deur gehoor. Die blinde luister en hoor geluide sodat hy kan sin maak uit die omgewing. Die digter gebruik die blinde man se belewenis van klanke en gebruik klanknabootsing effektief. Voorbeelde van onomatopee / klanknabootsing is woorde soos: “girts”, “knars”, “klingel”, “sis”, “klik”, “brul”, “trieng”, “skuur”, “tjier”, “dreun”, “koer”, “jil”, “piep”

Daar is ook voorbeelde van alliterasie (versreël 2 – “styf en seer”) en assonansie (versreël 4 – “waar hulle gaan”)

Die gedig bestaan uit kwatryne en gebruik paarrym.

back